Engelstemme bekoor tydens ATKV-Applousfinaal

Die 42ste aanbieding van ATKV-Applous, landswye koorfees vir hoër- en laerskoolkore, vind vanaf 24-27 Julie in Bloemfontein plaas.
Op 24 Julie het die kore in die laerskool meriete-afdeling vir Afrikaans sowel as nie-Afrikaanse kore deelgeneem.
Die uitslae is soos volg:
Laerskool Meriete: Nie-Afrikaanse kore
Curro Aurora | Goud |
Glenstantia Primary School | Goud |
Nuwe Republiek Primêr | Silwer |
Excelsior Primary School | Goud |
Beste uitvoering van ʼn Afrikalied: Glenstantia Primary School
Beste uitvoering van die voorgeskrewe werk: Excelsior Primary School
Beste uitvoering van ’n Afrikaanse komposisie: Excelsior Primary School
Laerskool Meriete: Afrikaans kore
Laerskool van Riebeeckpark | Silwer |
Laerskool Kenridge | Goud |
Willem Postma Primêre skool | Goud |
Laerskool Elarduspark | Goud |
C & N Primêre Meisieskool Oranje | Goud |
Laerskool Mooirivier | Goud |
Beste uitvoering van ʼn Afrikalied: C & N Primêre Meisieskool Oranje
Beste uitvoering van die voorgeskrewe werk: Laerskool Elarduspark
Beste uitvoering van ʼn Afrikaanse komposisie: Laerskool Mooirivier
Die algehele wenner in die afdeling: beste meriete Afrikaanse laerskoolkoor is Laerskool Mooirivier van Potchefstroom en die algehele wenner in die afdeling: beste meriete Nie-Afrikaanse laerskoolkoor is Excelsior Primary School van Bellville.