Onderwysprojekte

Hoekom doen ons die projekte?

Die ATKV as deel van die burgerlike samelewing is besorg oor die stand van basiese onderwys en wil graag 'n ondersteunende bydrae lewer om gehalte-onderwys in onderpresterende skole te bevorder. Gehalte-onderwys is een van die kernpilare om 'n suksesvolle Suid-Afrika te bou.

Dit is elke landsburger se rol om by betrokke te raak om die stand van onderwys te help regruk, omdat daar nagenoeg 75% skole is wat leerders nie die basiese leeruitkomste bemeester. Die Onderwys-kopskuif word aangebied om ouers, skoolbeheerliggaamlede en aan te moedig vir groter betrokkenheid en verantwoordelikheid vir die onderrig en leer by skole - onderwys, my verantwoordelikheid.

Die Sterskooltoekennings gee die ATKV erkenning aan skole wat onder moeilike omstandighede presteer. Ons gee ook erkenning aan leerders en onderwysers wat akademiese uitnemendheid bevorder.

 

Ons onderwysprojekte omvat:

ATKV-Onderwyskopskuif

ATKV-Sterskool