GESOGTE ATKV-MEDIAVEERTJIES VIR PRESTEERDERS

Datum: 
Dinsdag, 17 May, 2016

Verskeie presteerders in die Afrikaanse mediawêreld is op 13 Mei by Vodacom World in Midrand met ’n Mediaveertjie deur die ATKV bekroon.

Gaste is op luisterryke wyse vermaak deur Schalk Bezuidenhout, gasheer vir die aand. Hy is bygestaan deur Tribal Echo, die gewilde eklektiese inheemse rockgroep al die pad uit die Kaap, en die ATKV se wen-Rieldansgroep uit die Sederberge, Die Nuwe Graskoue Trappers. Die regisseur was Henriëtta Gryffenberg.  

Die Mediaveertjies is ’n viering van die belangrike rol wat die media in die samelewing speel. Vanjaar was daar in die volgende kategorieë meegeding: LEES, LUISTER en KYK. Digitale bydraes vorm deel van al drie kategorieë.

LUISTER

Die beoordelaars in hierdie kategorie was: Jenine Coetzer, Albe Grobbelaar en Kirby van der Merwe en die wenners is soos volg:

Beste aanbieder of onderhoudvoerder van ’n joernaalprogram

  • Ettienne Ludick & Sue Pyler - Middag op RSG: Tannie Evita word 80 - RSG

Beste insetsel in ’n joernaalprogram

  • Anna-Marie Jansen van Vuuren - Naweek-aktueel: Skepper van verskeie Afrikaanse kinderliedjies, Betty Misheiker, oorlede - RSG

Beste aanbieder of onderhoudvoerder van ’n nuus- of aktualiteitsprogram

  • Ivor Price & Anita Visser: Monitor: Versoeningsdag met eerw. Frank Chikane & Adriaan Vlok - RSG

Beste insetsel in ’n nuus- of aktualiteitsprogram

  • Anita Visser - Monitor: Hirosjima: 70 jaar later - RSG

Beste joernaalprogram

  • Ilse Salzwedel - Die woordketting - RSG

Beste nuus- of aktualiteitsprogram

  • Suzanne Paxton & Melissa Tighy - Spektrum: President Jacob Zuma se staatsrede - RSG

Beste dokumentêre program of programreeks

  • Johan van Lill - Christopher Kindo: Voete soos vlerke - RSG

Beste insetsel in ’n opvoedkundige program

  • Johan van Lill - Ons en die onderwys: Robotte in die klaskamer - RSG

Beste teks vir ’n radiodrama of –teater

  • Martyn le Roux - Bloedlyn - RSG

Beste regisseur van ’n radiodrama of –teater

  • Bettie Kemp - Sonate - RSG

Beste aanbieder by ’n gemeenskapsradiostasie

  • Su-an Marais - Su-an en so aan - GROOTfm 90.5

Beste aanbieder by ’n kampusradiostasie

  • Charonike Nel - Rooiwynsondag - PUKfm 93.6

LEES

Die kategorie LEES se beoordelaars was: Wilma de Bruin, Anastasia de Vries en Elna Rossouw met die volgende wenners:

Beste in-diepte artikel

  • Murray La Vita - Pyn, potta-potta en protes - Die Burger

Beste ondersoekende joernalistiek

  • Pieter-Louis Myburgh - R600 miljoen-optelfout - Ingevoerde lokomotiewe te hoog vir SA spoorlyne - Rapport

Beste persoonlikheidsprofiel

  • Anika Marais - Die leier van die Bybelstudie-bendes - By: Die Burger

Beste kunste-artikel

  • Marida Fitzpatrick - Wit en gatvol ja, maar nie ’n rassis, sê Willem Boshoff - Beeld

Beste leefstyl-storie

  • Sandra Troskie - ’n Toer met skoppensboer - Vrouekeur

Beste essay, rubriek of opiniestuk

  • Marida Fitzpatrick - "Ja, ek is bevoorreg omdat ek wit is" - Netwerk24

Beste sportartikel

  • Sophia van Taak - Vanaand gaan die poppe dans! - Weg

Beste gemeenskaps- of plaaslike koerant

  • Bloemnuus - Redakteur: Ruan Bruwer

Beste kampuskoerant

  • Wapad - Redakteur: Jeanelle Greyling

KYK

VERHALENDE GENRES

Die VERHALENDE GENRES se beoordelaars het ingesluit: Diane de Beer, Laetitia Pople en Marguerite Robinson. Vanjaar word die volgende persone met ’n ATKV-Mediaveertjie bekroon:

Beste draaiboek vir ’n dramareeks of enkeldrama

  • Paul C. Venter - Vlug na Egipte

Beste regisseur vir ’n dramareeks of enkeldrama

  • Human Stark - Vlug na Egipte

Beste dramareeks of enkeldrama

  • Human Stark - Vlug na Egipte

Beste akteur in ’n dramareeks of enkeldrama

  • Frank Opperman - Terug na Egipte

Beste aktrise in ’n dramareeks of enkeldrama

  • Marion Holm - Vlug na Egipte

AKTUELE GENRES

AKTUELE GENRES is beoordeel deur Hannelie Booyens, Jan-Jan Joubert en Irna van Zyl met die volgende wenners.

Beste aanbieder of onderhoudvoerder van ’n joernaalprogram

  • Hannes van Wyk - Kwêla - kykNET

Beste insetsel in ’n joernaalprogram

  • Hanné Koster - Kwêla: Nuwe boek oor Ingrid Jonker - kykNET

Beste joernaalprogram

  • André Calitz & Ronel Moodie - Reis na Gister - kykNET

Beste aanbieder of onderhoudvoerder van ’n nuus- of aktualiteitsprogram

  • Freek Robinson - Robinson - kykNET

Beste insetsel in ’n aktualiteitsprogram

  • Renée de Villiers - kykNET Verslag: Roodepoortskool - kykNET

Beste nuusinsetsel

  • Maryna Lamprecht & Jurg Slabbert - Topstories: FIFA-korrupsieskandaal - Netwerk24

Beste nuus- of aktualiteitsprogram

  • Alet van Rensburg Wright - Fokus: Voortbestaan van Afrikaans as onderrigtaal by Universiteite - SABC 3

Beste dokumentêre program of programreeks

  • Wynand Dreyer & Christelle Parrott - Formidabele vroue: Petronella van Heerden - kykNET

Beste insetsel in ’n opvoedkundige program

  • Bonné de Bod & Susan Scott - 50/50: Padreëls - SABC 3

Beste vermaaklikheidsprogram

  • Paul Venter - Koekedoor - kykNET

Beste aanbieder van ’n vermaaklikheidsprogram

  • Emo Adams - Jou show - kykNET

Tydens vanjaar se ATKV-Mediaveertjies is daar vir die tweede keer ’n toekenning gemaak in die kategorie, Opkomende Joernalis van die Jaar. Mieke Vlok van Huisgenoot is deur die beoordelaars as wenner aangewys. Goeie, onderhoudende skryfstyl en ’n diepliggende benadering tot die onderwerp maak van Mieke ’n waardige wenner.

Onderhoude kan gevoer word met Nita Cronjé by 082 577 0102 of Jeanné Naudé by 083 232 7276.

Besoek die fotogalery vir al die foto's, klik hier.